Die plaas Magpela is geleë tussen Verkykerskop en Memel. Magpela word met berge omhels, in die winter onder ‘n sneeukombers toegegooi en in die herfs met plate kosmos opgetooi. Nie net is ons omgewing prentjie mooi nie, maar is dit ook die tuiste van ‘n top South Devon Stoet. Ons roem op die kwaliteit van ons kudde en streef daarna om die ideale bul aan bulkopers te voorsien. Dit is vir ons belangrik dat bulle na ‘n teëlseisoen steeds in ‘n goeie kondisie moet wees.

Ons glo nie daaraan om ons bulle maksimum te voer nie, maar bied eerder geharde veld bulle wat voor verkope slegs afgerond word. Dit is vir ons belangrik dat ons bulle goed aanpas in enige streek en onder alle omstandighede.

Ons neig al meer na poenskoppe. In 2011 en 2012 het ons van ons koeie met ingevoerde saad van 2 Australiese poenskop bulle geïnsimineer. Dit dra by tot die kwaliteit en verskeidenheid wat die Magpela Stoet bied. 2014 en 2015 het pragtige poenskop kalwers opgelewer en sal saam met talle ander top gehalte bulle aan bulkopers beskikbaar wees.

Ons het ook in 2015 en 2016 kalwers gekry van ‘n goue meriete stoetbul, hul toon puik!

       
       
       
     

Marizelle van Niekerk
Cell:  082 829 2687
Jan van Niekerk
Cell:  083 982 8324.
Harrismith  ●  Free State
Tel:  058 625 0063 | Fax 058 625 0064

___________________________________

●  Vrugbaarheid
●  Gehardheid
●  Aanpasbaarheid
●  Maksimum groei en gewigstoename op natuurlike veld
●  Gemiddelde geboorte gewig om kalwingsgemak te verseker
●  Medium raamwerk

 

© 2017 - 2023 South Devon Cattle Breeders' Society of South Africa    All Rights Reserved.